Welkom by HaDahlia Trading
Ons is ‘n besigheid wat hoofsaaklik op groothandel fokus, maar kan ook groter bestellings hanteer vir troues en kooperatiewe geskenke op aanvraag. Alhoewel ons hoofsaaklik produkte vir die Afrikaanse mark vervaardig is ons meer as bereid om dieselfde aandag en toewyding te gee om ons produkte vir die Engelse mark te vervaardig.
Al ons produkte word by ons werkswinkel in Bloemfontein vervaardig en ons gebruik koerier dienste om produkte na winkels te stuur.
Elke produk word met liefde en sorg aanmekaar gesit en afgewerk met die hand om ‘n netjiese produk te verseker.
Ons poog om op hoogte te bly met tendense en voeg gereeld nuwe produkte by die reeks. Ons put genot uit die beplanning en energie uit goeie terugvoer van ons kliente.